’n Vierjarige seun is verkies as die burgemeester van die gemeenskap van Dorset in die Amerikaanse staat Minnesota.

Die 25 inwoners het Robert “Bobby” Tufts Sondag by ’n plaaslike fees as hul burgemeester aangewys, het ’n werknemer by ’n winkel daar gesê. Die pos is bloot simbolies; Dorset is by ’n naburige munisipaliteit ingelyf en het geen amptelike plaaslike regering nie.

Die gemeenskap hou ’n trekking om ’n burgemeester te verkies en inwoners betaal ’n dollar (R10) per stem. ’n Hond en ’n hoenderhaan het ook al vir burgemeester gestaan.

– Sapa

sapalogo