Die vierjarige seuntjie wat nege dae gelede voor ’n aankomende voertuig in Roodepoort beland het en sedertdien onder verdowing in die waakeenheid van die Baragwanath-staatshospitaal in Soweto behandel is, toon tekens van beterskap.

[caption id="attachment_119043" align="alignnone" width="600"]Foto's: Verskaf Foto's: Verskaf[/caption]

“Faried herken nou mense, maar kan nog nie praat nie,” vertel sy ma, Beverley Fourie.

Faried is die afgelope naweek uit verdowing bygebring en na die Sunshine-hospitaal aan die Oos-Rand oorgeplaas waar verskillende skanderingstoetse nou op hom gedoen word. Die regterkant van sy lyfie reageer nog nie, maar hy haal al op sy eie asem.

“Hy maak sy oë net vir klein rukkies oop, en ’n mens kan sien hy het nog kwaai pyn,” vertel Beverley.

Huisgenoot-lesers het oorweldigend gereageer toe ons verlede week vertel van hoe Faried daardie Sondag saam met sy pa in Roodepoort gaan stap het, maar onverklaarbaar oor die pad gehardloop en voor ’n voertuig beland het.

Hy is met gekneusde longe en bloeding op die brein in die hospitaal opgeneem.

Beverley glo dit is danksy die gebede van mense landwyd dat haar seun nou die eerste treë op sy herstelpad begin gee het.

Ook op Huisgenoot.com:

Kyk om watter roerende rede speel die Bulls in pienk

‘Celeste, ek het nooit jou kind uit jou arms gevat nie,’ sê Zephany se grootmaakma in hof

Jy sal nie glo by watter gewilde Afrikaanse sangeres het die ooievaar kom kuier nie!