Hulle het toe begin om elke dag ’n rok van papier te maak en die foto’s van Mayhem (’n skuilnaam) in dié skeppings op Instagram te deel (by @2sisters_angie). En jy sal verbaas wees om te sien hoeveel kreatiwiteit daar in dié vierjarige lyfie skuil!

“Nadat ons die eerste papierrok gemaak het, het Mayhem die volgende dag vir nog een gevra. En toe weer die volgende dag. Niemand is meer verras as ek dat sy dit nege maande later nog altyd wil doen nie. Ek weet glad nie of dit sal aanhou nie, maar ons sal daarmee volhou so lank sy wil,” vertel Angie op Huffingtonpost.com

Op hul webtuiste skryf Angie sy help meestal die ingewikkelder rokke maak, maar dat Mayhem help idees gee en dikwels ook self inspring. “Selfs wanneer sy nie help met die rok waaraan ek werk nie, sit sy langs my, besig om iets anders te maak. Sy maak van die rokke op haar eie.”

Strokiesprentkarakters dien as inspirasie vir sommige rokke, terwyl bekendes soos Jennifer Lawrence en Lupita Nyong’o se rokke op die rooi tapyt ook al nageboots is. Die ma en dogter gebruik papier, foelie en sommer enigiets wat kan werk. Deurskynende kleefband is onmisbaar.

Kyk hier na die oulike rokke (en model) en kry inspirasie vir ’n lekker speel-aktiwiteit op ’n reëndag!

[post-slider]

Bronne: Huffingtonpost.com, fashionbymayhem.com. Foto's: Instagram