Die kind se ma het haar met haar gesig na onder in water van 38 cm diep gevind en sy vermoed die kind het op ’n badmatjie gegly toe sy uitgereik het om haar speelgoed te kry.

Luidens Nicole Carr, ma van die vierjarige Summer Shaw, se verklaring het sy haar dogter omstreeks 19:30 in die bed gesit en vir haarself ’n bad getap. Sy is toe ondertoe om ’n oproep te maak. Nadat sy trapaf is, het Summer uit die bed geklim en badkamer toe gegaan om met haar badspeelgoed te speel, en toe sy daarvoor uitreik, het sy ingeval en verdrink.

“Ek het ’n voorgevoel gehad iets is nie reg nie en boontoe gegaan om te gaan bad. Ek het Summer se speelgoedhond op die vloer sien lê. Dit was die een wat sy gebruik het om nagmerries mee af te weer. Daar was ’n badmatjie wat geskuif was. Die bad wat ek getap het, het nie enige borrels ingehad het nie, maar was toe vol borrels.”

Die verpletterde ma het toe die afgryslike ontdekking gemaak. “Ek het in die bad gekyk en haar pienk slaapklere en eendjies in die bad gesien.”

Summer se ma het haar desperaat probeer bybring, maar sy is in die Rotherham-distrikshospitaal dood verklaar. Die lykskouer, Nicola Mundy, het dit as “die mees tragiese van alle ongelukke” bestempel.

BRONNE: dailymail.co.uk, mirror.co.uk