Volgens die polisie het vier mense in die ongeluk gesterf. Ooggetuies het gesê hulle het die liggame van die oorledenes aan die onderpunt van die krans gesien waar die helikopter neergestort het.

Die vier mense se identiteit is nog nie bekend gemaak nie. Luidens berigte was dit vier mans, onder wie een glo ’n prominente sakeman van die Suidkus.

Slegte weerstoestande belemmer die ondersoek na die ongeluk. Kol. Sibongile Soci, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het die hoop uitgespreek dat die weermag met die ondersoek kan help.

Bronne: news24.com, jacarandafm.com, southcoastherald.co.za