• Sy is die perfekte rolmodel, want sy moedig haar aanhangers aan om altyd die beste weergawe van hulself te wees.
  • Sy maak gereeld haar stem dik teen boelies.
  • Sy het hope beroemde pelle, onder wie Taylor Swift, Vanessa Hudgens, Ashley Benson en Demi Lovato. Wie wil nou nie lid van dié vriendekring wees nie?
  • Sy is nie bang vir eet nie en is dol oor kos! “Ek het nie ’n gunsteling-gereg nie. Ek hou van alle kossoorte. ” So moet ’n meisie praat, of hoe?
  • En ingeval jy dit nie agtergekom het nie, sy is regtig baie lief vir haar aanhangers. Sy sal soms vir hulle boodskappe stuur op Instagram en maak altyd ’n punt daarvan om saam met haar aanhangers foto’s te neem. Sy noem ook haar jongste aanhangers, “littles”, wat natuurlik die oulikste ding ooit is!

-Janine Nel