Is jy opsoek na Afrikaanse apps vir jou kleingoed? Hier is vier apps wat jou sak sal pas én jou kind help goeie Afrikaans te leer.

First Afrikaans Word with Phonics

First Afrikaans Words with Phonics

’n Oulike app om leerders se leesvaardighede aan te help. Die hoofdoel is om kinders bewus te maak van verskillende klankgrepe en hoe om dit uit te spreek.

Kinders leer die alfabet, name van diere en kleure aan.

Gratis op Google Play en in die iTunes-winkel

Tap & Learn – Afrikaans

Tap and Learn screen

Met dié app leer kinders oor letters, syfers, vorms en kleure. Daar is verskeie temas waaruit kinders kan kies, onder meer visse en die oseaan, houtblokkies, bome en die natuur en vuur.

Binne elke tema kan kinders boonop kies hoe hulle wil leer: deur middel van klank, voorwerpe of ’n pret speletjie.

R21,50* in die iTunes-winkel.

Slimkop

Slimkop screen

Leerders kan met dié app onder meer hul uitspraak van Afrikaanse woorde oefen, oefeninge doen waar hulle maats bymekaar moet pas en woorde reg spel.

Die speletjies sal kinders tot sewejarige ouderdom ure lank kan besig hou.

R24,99 in die iTunes-winkel

Hangman in Afrikaans

Hangman in Afrikaans

Nou kan kinders dié klassieke woordspeletjie in Afrikaans speel. Raai bekende Afrikaanse sangers se naam of Afrikaanse uitdrukkings reg om die speletjie te wen.

Gratis in Google Play

*Prys bereken volgens wisselkoers op publikasiedatum