Volgens ER24 het paramedici op die twee minibusse afgekom waarvan een in vlamme gehul was en die ander aan flarde geruk.

Foto: ER24

Heelwat van die passasiers is tydens die ongeluk uit die voertuie geslinger en het rondom die toneel gestrooi gelê.

Die vier kinders wat dood is, is tussen die ouderdomme van 13 en 15. Sewe ander mense is in ’n kritieke toestand en nog sewe ander is ernstig beseer.  

Foto:ER24

Die beseerdes is almal na nabygelieë hospitale vervoer.

Die polisie was op die toneel en is steeds besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.