Die drie seuns en ’n meisie, tussen vier en sewe, is Dinsdagmiddag laas buite gesien, sê brig. Selvy Mohlala.

“Hulle is die middag halftwee laas gesien, en hul lyke is die aand omstreeks halfses ontdek,” het hy gesê.

“Daar word beweer hulle is by ’n buitevertrek van ’n huis in en het die vrieskas daar gesien. Hulle het glo ingeklim of geval.”

Volgens Selvy het hulle versmoor, maar ’n nadoodse ondersoek moet nog doen word. Hy het gesê dit is ’n normale vrieskas wat lugdig toegemaak nadat hulle daarin beland het.

Die kinders was nie verwant aan mekaar nie; party was bure, het hy gesê.

Die polisie stel ondersoek in na die omstandighede rakende die voorval.