Die voorval het op Woensdag omstreeks 03:00 net ’n paar strate van die egpaar se huis  in Parkwoodweg plaasgevind.

’n Vrou (27) en haar man (30) is noodlottig gewond.

Luidens berigte het die twee Dinsdag hul tweede huweliksherdenking gevier.

Dis nog onduidelik hoekom hulle daardie tyd van die nag buite was.

Kapt. FC Van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

“Uitstekende ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van vier verdagtes van tussen 25 en 30 jaar oud. ’n 9 mm Norinco Star-vuurwapen is ook gevind.”

Die verdagtes sal eersdaags in die hof verskyn.

Die polisie vra lede van die publiek met nuttige inligting om hulle te kontak.

Enigeen met inligting oor die noodlottige skietvoorval word versoek om sers. Adiel Noordien, by 078-353-2922 of Crime Stop by 08600-10111 te bel.