1. Voor hy ’n rapper geword het, wou Eminem ’n strokiesprent-kunstenaar word. G’n wonder so baie van sy musiekvideo’s bevat tekenprente nie. Hy het van plan verander nadat hy op nege Ice-T se liedjie Reckless gehoor het. Jare later is Eminem en alter ego, Slim Shady, gebore.
  2. Hy kan kook. Voor sy rapper-loopbaan begin het, het hy gekook en skottelgoed gewas in ’n restaurant in St. Clair Shores, Michigan.
  3. Eminem het die hoofrol in die Suid-Afrikaans gebore regisseur Neill Blomkamp se wetenskapsfiksierolprent Elysium van die hand gewys. Matt Damon het toe die rol gekry.
  4. Eminem is een keer byna dood aan ’n oordosis dwelms. Hy gebruik nie meer dwelms nie en hou nie eens drank aan by sy vertonings nie. Vir sy Suid-Afrikaanse vertonings het hy Duitse Gundelsheim-piekels, laevet-jogurt, grondboontjiebotter, groot krewels en matige Switserse cheddar bestel.

Bronne: ryanseacrest.com, celebzen.com, City Press