Halssnoer en armband van springmielies

necklace

Bereiding: 20 min.

Benodigdhede:

  • naald en gare
  • 720 ml (3 k) springmielies, klaar geskiet
  • 250 ml (1 k) jellieboontjies
  • 250 ml (1 k) Whispers-sjokolade

Maak so:

1 Trek genoeg gare deur die naald om dit dubbel te vou.

2 Begin deur 2-3 springmielies deur te ryg, gevolg deur 2 jelliebone en dan ’n Whispers-sjokoladeballetjie.

3 Herhaal die proses tot dit lank genoeg is om ’n halssnoer of armband te maak. Super-springmielieversiering sprinkle Bereiding: 5 min.

Benodigdhede:

  • 5 ml (1 t) rooipeper
  • 15 ml (1 e) kaaspoeier
  • 750 ml (3 k) springmielies, klaar geskiet

Maak so:

1 Meng die rooipeper en kaaspoeier en meng dit dan deur die springmielies.

2 Vul die papierkoppies en sit voor.

Kleurryke springmieliekoppies

cups

Bereiding: 15 min.

Droogword: 2 uur

Benodigdhede:

  • 150 g springmielies, klaar geskiet
  • 750 ml (3 k) versiersuiker
  • 3 verskillende koskleursels van jou keuse
  • 180 ml (¾ k) koue water roomyskoppies

Maak so:

1 Verdeel die springmielies in drie gelyke dele in bakke.

2 Deel die versiersuiker in drie maatbekers met 250 ml (1 k) in elkeen.

3 Meng 60 ml (¼ k) van die koue water met elke koskleursel en voeg dit by die versiersuiker.

4 Skink die gekleurde versiersuiker oor die springmielies en meng tot die springmielies daarmee bedek is.

5 Laat die gekleurde springmielies op ’n bakplaat droog word.

6 Vul elke roomyskoppie met die gekleurde springmielies.

Heerlike springmieliestafies

bar treats

Lewer 12 stafies

Bereiding: 5 min.

Bak: 10-12 min.

Afkoel: 2 uur

Benodigdhede:

  • 750 ml (3 k) springmielies, klaar geskiet
  • 125 ml (½ k) rosyntjies
  • 80 ml ( k) sjokoladevlokkies
  • 125 ml (½ k) bruinsuiker
  • 80 ml ( k) water
  • 45 ml (3 e) heuning
  • 90 g donkersjokolade

Maak so:

1 Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat van 30 x 20 cm met olie.

2 Meng die springmielies, rosyntjies en sjokoladevlokkies en skep in ’n bakplaat.

3 Verhit die suiker, water en heuning in ’n klein kastrol oor lae hitte tot die water met die helfte verminder het.

4 Gooi die warm suikerstroop oor die springmielies en bak 10-12 min. Wanneer dit klaar is, haal uit die oond en laat dit in die bakplaat afkoel. Sny in stafies.

5 Smelt die sjokolade ½-1 min. in die mikrogolfoond en roer elke ½ min. Giet die sjokolade oor die stafies. Sit voor.

- Carmen Hendricks

Foto’s: David Briers