“Paramedici het die lyke van drie volwassenes en ’n kind in die een voertuig gekry”, het ER24 se woordvoerder, Russel Meiring, in ’n verklaring gesê.

“Ongelukkig was die vier se beserings noodlottig en is hulle op die toneel dood verklaar.”

Die ses ander mense op die toneel is vir matige en nie-ernstige beserings behandel. Hulle is almal na ’n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.