Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, is die meisie Sondagaand deur haar verkragter ontvoer.

“Die verdagte het ’n lap in haar mond gedruk en haar hande vasgebind,” sê hy. Sy is ook glo bedwelm.

Die meisie het dit reggeky om te ontsnap.

“Sy is Woensdag deur verbygangers gevind. Haar hande was steeds vas en die lap was ook nog in haar mond,” sê Motlafela.

“Sy kon skaars loop [...] Ons het haar na ’n nabygeleë hospitaal geneem.”

Volgens hom is daar nog geen verdagte inhegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ook waarom die huis verlate is.