Talle mense, insluitende polisielede, is in die voorval beseer. Volgens berigte was daar minstens twee gewapende mans.

Die aanval het by die satiriese tydskrif Charlie Hebdo plaasgevind.

Die verdagtes het uit die gebou gevlug waarna hulle glo nog skote afgevuur het.

Hier is 'n video wat wys hoe die gewapende mans uit die gebou storm en nog skote afvuur voor hulle vlug.