Matt Hess het die gebeure met ’n GoPro-kamera op film vasgelê toe hy met die Royal Flush-glybaan by die BSB-waterpark in Texas afgly.

Dinge het egter nie heeltemal volgens plan verloop nie en teen die einde van die video besef Mark hy het moontlik ’n hengse flater begaan. In ’n video wat hy op YouTube geplaas het, het Mark se euforie skielik in vrees verander toe hy sy kop teen die skerp helling van die glybaan stamp , in die lug geslinger word en dan in die water val.

Matt het in die beskrywing van die video geskryf: “Ek was die enigste mens wat braaf genoeg was om agteruit te gly en die enigste mens wat onnosel genoeg was om nie te besef dat jy jou kop teen die helling sou stamp nie... die uitdrukking op my gesig is kostelik.”

Die waterglybaan, volgens die park se webtuiste die langste een ter wêreld, het drie parallelle glybane met hellings wat plesiersoekers in die lug opskiet en dan in die water doer onder laat neerstort.

Die glybaan word as so gevaarlik beskou dat alle glyers verplig word om reddingsbaadjies aan te trek voor hulle dit aandurf.

VIDEO:

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, DAILYDOT.COM