Kyk net so 'n vernuftige jong man!

Wang Shuhun is nog nie naastenby oud genoeg om 'n motor te bestuur nie, maar in hierdie video wys hy sy voortreflike vaardighede agter die stuur van 'n stootskraper op 'n bouperseel.

Wang is van Wuhan in die middel van China se Hubei-provinsie. Toe hierdie video so paar jaar gelede gemaak is, was Wang maar net vyf jaar oud. Hy is van kleins af deur sy pa, Wang Xuebing, agter die stuur van een van hierdie reuse trokke opgelei.

Wuebing sê hy bring gereeld sy seun saam werk toe en geleidelik het die jongeling geleer hoe om die masjienerie te gebruik. Hy meen sy seun sien dit as "'n reuse speelding".

Maar, verseker hy ook, "ek hou 'n ogie op hom trerwyl hy dit bestuur".

Bronne: Daily Mail; YouTube