Beeldmateriaal van die voorval toon ’n ontstellende geveg tussen twee vroue en die een se seun in ’n gang in Walmart in die stad Beech Grove, Indiana.

'Johnny, slaan haar in haar gesig!'

In die heel skokkendste toneel skree die ma van die seuntjie: “Johnny, slaan haar in haar gesig! Johnny, slaan haar in haar f***** gesig!”

Die seun se ma, net bekend as Amber, het aan WZPL vertel dat haar seun klasse loop in gevegskuns.

Amber beweer dat sy kwaad geword het toe sy hoor die ander vrou gebruik ’n rassistiese skelnaam en mishandel ’n werknemer verbaal.

Die Beech Grove-polisie het egter gesê daar het Donderdagaand ’n rusie ontstaan tussen die vrou in ’n gemotoriseerde rolstoel en ’n werker van die winkel, oor winkeltrollies wat die gangetjie versper. Volgens die polisie het “dit uitgeloop op ’n vuisgeveg” toe die tweede vrou in die video betrokke raak.

’n Man, wat die voorval afgeneem het, se foto’s toon teen die einde twee vroue wat mekaar met die vuis slaan en met mekaar stoei tot op die punt waar een van hulle die ander op die grond vasdruk, terwyl haar seuntjie toekyk en op die vroue skree. In een stadium neem die seun ’n bottel sjampoe en probeer die vasgepende vrou daarmee slaan.

Die petalje het ongeveer 5 min. geduur. Volgens Walmart het hulle die polisie ontbied nadat die geveg ’n minuut lank aan die gang was en dié het 8 min. daarna opgedaag. Nadat die geveg stopgesit is, het die twee vroue die winkel verlaat met hul hare en klere vol sjampoe. WAARSKUWING: Die video mag dalk onstellend vir sensitiewe kykers wees

Bronne: Buzzfeed, News.com.au