Die polisie het beeldmateriaal van sekuriteitskameras van die vrou en baba bekendgemaak in ’n poging om een van die twee te identifiseer. Slegs ’n paar uur later is die vrou gevind. Sy word tans ondervra en aanklagte is hangend.

Die voorval het Maandagmiddag plaasgevind en ’n bekommerde omstander het sowat 20 minute by die baba gebly met die hoop dat die vrou sou terugkeer. Toe die vrou nie opdaag nie, het sy die polisie ontbied en die baba van sowat sewe maande oud is na ’n nabygeleë hospitaal geneem. Sy was ongedeerd en bly tans onder die sorg van die NYC Administration for Children’s Services.

Klik hier om uit te vind hoe jy ’n verskil in verlate babas se lewe kan maak en kyk die video hier:

Bronne: abcnews.go.com, news.sky.com, pix11.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.