’n Man het tydens ’n kuier sy vriend se neus per ongeluk halfpad met ’n swaard afgekap.

Dié twee was besig om ’n toertjie uit te voer waar die een ’n stuk wors, wat die ander in sy mond gehad het, met die swaard middeldeur wou kap.

Die toertjie het lelik skeefgeloop, want nie net word die wors getref nie, sy vriend se neus bly ook in slag.

Albei mans is ewe geskok oor wat gebeur het.

’n Omstander het die hele petalje op video vasgevang. Gelukkig is die man nie sy neus heeltemal kwyt nie.

Kyk die (nie-grafiese) video hier: