Jy hou rustig in jou baan op die snelweg en kyk gereeld in die truspieëltjie om seker te maak alles is veilig rondom jou motor.

Dan land daar skielik ’n vliegtuig reg agter jou.

Dit is presies wat onlangs met motoriste op ’n besige snelweg in die Amerikaanse deelstaat New Jersey gebeur het.

In die video kan ’n mens sien hoe ’n ligte vliegtuig oor die snelweg vol motors neerdaal, maar die motoriste probeer nie juis uit die pad daarvan bly nie.

Die vliegtuig, met vyf insittendes, het die motors rakelings gemis voor dit na die middelman beweeg het.

Die owerheid het verduidelik die vliegtuig het glo krag verloor en was genoop om ’n noodlanding uit te voer.

Al vyf passasiers is ongedeerd.

Bronne: BBC, SkyNews