Hierdie is die hartroerende oomblik toe ’n vierjarige meisie by ’n partytjie opstaan om te sing vir haar ma wat teen kanker veg.

Klein McKenna Stanchak doen wat sy kan om haar ma teen kanker te help stry.

Die vierjarige blondekop sing elke liewe dag Martina McBride se liedjie I’m Gonna Love You Through It vir haar ma wat aan Hodgkin-limfoom ly.

Die emosionele video waarin die meisie op ’n maatjie se partytjie vir haar ma, Dianna, sing, het soos ’n veldbrand versprei nadat die geselsprogramaanbieder Ellen DeGeneres dit op haar Facebook-blad gedeel het.

“Ek het my dogter amper twee jaar laas sien glimlag,” was die kommentaar van Dee Silvernail, wat sê sy is Dianna se ma en McKenna se ouma.

“’’n Baie seldsame vorm van Hodgkin-limfoom is op Oukersdag in 2013 by haar gediagnoseer.”

“McKenna sing die liedjie ELKE DAG vir haar mamma! Sy is die hoofrede waarom sy veg om te leef en die stryd voer.”

Bron: ellentube.com, The Mirror, NY Daily News