Dan Bickerdike (27) en sy meisie Angie Schultz (32) van Londen was by Angie se niggie se troue in Kaapstad toe die snaakse video geneem is.

Angie en haar niggie was besig om te oefen hoe om die ruiker te gooi en te vang vir die geleentheid later die aand. Angie het ’n punt daarvan gemaak om die hele dag te oefen sodat sy seker was sy sou dié keer die ruiker vang.

Dis toe dat Dan letterlik ingegryp het.

Angie was eers smoorkwaad vir Dan, maar nadat hulle die video gekyk het, het hulle altwee die snaaksigheid daarvan raakgesien.

Kyk hier na die snaakse oomblik:

Bronne: Daily Mirror, YouTube