Die video van 'n "super-gelaaide" vulkaniese uitbarsting in Patagonië in Suid-Amerika is reeds meer as 25 miljoen keer gekyk ná BBC Earth dit op hul Facebookblad gedeel het.

In die ongelooflike video kan gesien word hoe weerligstrale rondbons binne die reuse aswolk bokant die vulkaan.

Die BBC het 'n goeie idee gehad van wat kykers se reaksie sou wees, en het "Be amazed..." saam met die video geskryf.

Kyk hier na die asemrowende video:

Bronne: Facebook; The Blaze