’n Amerikaanse pa wat ’n slangkenner is, is in die spervuur ná hy ’n video van sy dogtertjie wat met ’n luislang speel op YouTube gedeel het.

Die slang is ’n allemintige vier meter lank en tien jaar oud.
'Ek wil net wys dat slange nie bose gediertes is nie.'

Jamie Guarino, 34, van die Amerkaanse deelstaat Michigan het besluit om sy dogtertjie, Alyssa en sy troetel-luislang Nay-Nay, op video vas te vang met die doel om mense oor slange op te voed.

Alyssa wat nou drie is, was net 14 maande oud toe die video gemaak is.

“Ek wil net wys dat slange nie bose gediertes is nie en dat hulle wel liefdevol kan wees ten spyte van hul slegte reputasie,” het hy aan Amerikaanse media gesê.

Bronne: Buzzfeed, YouTube