Raak die dag nou net te lank vir jou? Vat gou ’n blaaskans en kyk dié skattige video van ’n baba wat ’n Elvis-liedjie sing. Daar is soveel emosie en genot haar op haar oulike gesiggie te sien dat ’n mens sommer die musiek saam met haar wil geniet.

Ella May se pa, Billy, sê op YouTube dat sy ook ander musiek geniet. Haar gunstelinge sluit natuurlik nog Elvis-liedjies in, asook Richard Marx en Bruno Mars. Sedert Billy die video op YouTube gelaai het, is die verskillende variasies daarvan reeds meer as 8 miljoen keer gekyk.

As ons almal tog net soveel vreugde uit musiek kon put! Miskien kan die video as herinnering dien dat goeie musiek enige situasie kan verbeter – selfs om agterin ’n motor te sit met ’n beperkte uitsig.

Bronne: Youtube.com, elvis.com