Die internet het reeds gewys dat Cory McCloskey, die verslaggewer van Fox 10 Phoenix, weet hoe om onder druk kalm te bly.

Maar selfs hy was nie voorbereid op wat sou gebeur toe ’n poging om uit te vind hoe hard ’n tuba is skeefloop tydens ’n regstreekse TV-uitsending nie. In die knipsel sien jy hoe die entoesiastiese joernalis oor hoërskoolsokker verslag doen by die Hoërskool Desert Villa in Amerika terwyl hy by leerders in die marsjeerorkes is.

Nadat hy met die marsjerende baritons gepraat het, beweeg hy aan om met die sousafoonspeler te praat. McCloskey laat val dan sy mikrofoon in die instrument se trompet en skielik hoor jy niks tot die ankerpersone by die studio tussenin praat om die opening te vul.

Die video is al meer as 1.8 miljoen keer gekyk sedert dit op 25 September op die stasie se Facebook-blad gelaai is.