In die video is sy vrou, Laura, met afgryse vervul toe die middelstuk van die koek op die vloer val. “Sy was stomgeslaan en het gedink haar dag is heeltemal bederf,” vertel Joe. “Ons gaste was verstom.”

Die stuitige bruidegom het die idee gekry toe hulle voor die groot dag gaan troukoeke kies. “Ek het gehou van die eerste een, toe kies sy die tweede een,” sê hy. “Toe dink ek ek gaan my eie kinkel daaraan gee terwyl ek weg van die huis werk en tyd het.”

Laura het gelukkig die humor raakgesien nadat sy besef het die koek was ’n nagemaakte een en dat die regte koek veilig was.

“Ons lag vandag nog daaroor.”

Bronne: independent.co.uk, distractify.com