In ’n video op YouTube kan gesien word hoe Khane Williams van Texas in die VSA se ma hom roep om vir hom iets in die kar te wys. Die volgende oomblik bars klein Khane in trane uit toe hy sy hondjie, Kase, sien. “Ek het jou gemis, Kase!” sê hy huilend terwyl die hond hom in die gesig lek.

Volgens Metro het Kase in Desember vermis geraak. Hy is ’n paar weke daarna af in die straat gevind waar ’n gesin hom ingeneem en versorg het.

Khane se ma, Paula, het besluit om hierdie twee maatjies se hereniging op kamera vas te vang.

Bronne: YouTube; Metro.co.uk

Lees ook:

Hondesalon ruil per ongeluk honde om

Kalkoen kry vlerke en vlieg