Vier mense is dood en 37 is beseer toe die bestuurder na bewering agter die stuurwiel aan die slaap geraak het en in die tou voertuie inploeg.

Wanneer jy na die video kyk van die ongeluk sien jy hoe motors links en regs van die bus geslinger word soos die bus daarin vasry op ’n hoofweg by die ingang van ’n tonnel in Yeongdong in Suid-Korea.

Die polisie ondersoek ook glo die moontlik dat die bestuurder ’n selfoon gepraat het toe die ongeluk gebeur het.

WAARSKUWING: DIE VIDEO IS NIE VIR SENSITIEWE KYKERS NIE!

Bronne: Thesun.co.uk en Liveleak.com