Die twee vreesaanjaende goggas stoei op 'n droë modderbank in Arizona in die VSA. Dit blyk ’n uiters ongelyke geveg te wees, want die agtpotige monster toring uit bokant sy skraal, gevleuelde teenstander.

Maar die vroulike Tarantula Hawk-wesp is, soos die naam aandui, vooraf geprogrammeer met 'n genetiese voorsprong: haar angel het 'n verlammende uitwerking en die prik word beskou as die tweede pynlikste in die wêreld.

Die noodlottige uitwerking van hierdie geheime wapen blyk duidelik uit die videomateriaal wat 'n inwoner op die internet gelaai het.

Die wesp moet haar nou net reg kan maneuvreer sodat sy kan kan steek – want die oomblik wanneer die voël-etende spinnekop geprik is, is hy verlam en dan is die geveg verby.

Bronne: YouTube, Daily Mail, The Mirror