'n Taiwannese pa het sy een maand oue baba aan 'n stuurwiel vasgemaak terwyl hy by 'n diensstasie was en gemaak asof hy bestuur. Die video is meer as 'n halfmiljoen keer op YouTube gekyk en die pa het hewige kritiek ontlok. Die baba beweeg heen en weer en is op een punt amper onderstebo.

Die ma het egter aangedring die kind nooit in gevaar gestel is nie en dat die motor nie besig was om te beweeg terwyl die kind op die stuurwiel vasgemaak was nie.

Kyk hier en besluit self wat jy dink:

Bronne: YouTube, independent.co.uk