Al ooit gewonder wat sal gebeur as 'n straatkat teen 'n seekat moet kragte meet?

Die kat was klaarblyklik lus vir 'n bietjie seekos en het die seekat uit 'n bak met water gevis. Die seekat het egter sy man gestaan teen die kat en met sy tentakels aan die kat se gesig vasgesuig. Daarna raak die geveg opwindend.

'n Buitestaander het gelukkig vinnig ingetree voordat enige van die twee tydens die vreemde onderonsie ernstig beseer is.

Kyk hier na die opwindende geveg:

Bronne: YouTube, The Daily Mirror