Lyk jou hare vandag ’n bietjie sleg, hou jy nie waarvan jy aanhet nie of haat jy hoe jou grimering vandag lyk? Hoe reageer jy op wat jy in die spieël sien? As ma’s weet ons ons kinders hou ons fyn dop.

Veral ons dogters baseer hul selfbeeld op hoe hulle ons ons selfbeeld sien hanteer. Hou dus op om jou oor jou voorkoms te kritiseer en dink: “Sou ek so met my kind praat?” Die kans bestaan dat hulle jou sal namaak as hulle jou so hoor praat met jouself. Kyk hierdie video – tot die einde – en dink oor hoe jy jouself behandel en wat jou kinders daaruit kan leer.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.