Vrydag Nag Laat, ’n nuwe sketskomedieprogram op kykNET, wat soortgelyk is aan Saturday Night Live, het ’n grapvideo gemaak van ’n boer op soek na ware liefde.

Maar dié boer, Giel, soek nie ’n vroulike metgesel nie; hy soek ’n man met ’n sagte hart en ’n harde baard.

Giel soek net ’n ou wat sy badwater sal intap of vir hom hertzoggies bak. Maar die liefde moet ook die Blou Bulle ondersteun!