Die duo bestaan uit die beste vriende Charlie (15) van Bristol en Leondre (13) van Wallis.

Leondre het onthul dat hy geboelie is toe hy jonger was en dat dit as inspirasie vir die liedjie gedien het.

Die beoordelaar David Walliams het gesê: “Vir twee jong kinders soos julle om hier te kom sing oor iets wat julle regtig raak, en dit op ’n manier te doen wat regtig eie is aan julle, is ’n baie skaars ding.”

Simon het bygevoeg: “Weet julle, ek het na elke woord geluister. Ek dink daardie liedjie kan ’n treffer word. Ek hou regtig baie van julle.”

Kyk die video hier

- Janine Nel