Dan moet jy gou op 'n vliegtuig Spanje toe klim waar, nes in die Johnny Depp-fliek Edward Scissorhands, ’n begaafde haarkapper sy klante se hare sny met niks minder nie as swaarde en spesiaal vervaardigde kloue.

Alberto Olmedo besit sy eie haarsalon in Madrid, en die klante staan omtrent tou dat hy hul kapsels blitsvinnig met nie net een nie, maar twee vlymskerp swaarde kan bykom.

Verder gebruik hy ook ’n vuurblaser om jou haredos so bietjie te verfyn. Om nie eers te praat van die skerp kloue waarmee hy ander se hare korter sny nie!

"Dis dalk 'n bietjie middeleeus," sê Alberto, "en soms moet jy jou verbeelding so bietjie gebruik om die beste resultate te kry."

Kyk hier om te sien wat Alberto alles aanvang:

Bronne: YouTube; DailyMail