Onthou jy die dag toe jy jou swangerskap aan vriende en familie aangekondig het? Die kans bestaan dat dit nie soos ’n veldbrand aanlyn versprei het en veroorsaak het dat jy ’n jaar se voorraad van jou gunsteling-koeldrank kry nie. Ten spyte daarvan wed ons jy was net so opgewonde soos hierdie oulike paartjie.

Patrick en Whitney McGillicuddy van Los Angeles het onlangs ’n oulike video van hul swangerskapsaankondiging aanlyn geplaas en het blikkies Diet Coke met name op daarvoor gebruik, en dit is tot dusvêr meer as 3 miljoen keer gekyk.

Volgens ’n onderhoud wat Coca-Cola met die verwagtende ouers gevoer het, het Patrick die idee gekry toe hy ná hul eerste sonar-afspraak ’n blikkie Diet Coke gaan koop en die woord “Dad” op die blikkie sien. Die res is geskiedenis.

Kyk die video hier en vertel ons hoe jy jou swangerskap aan die wêreld bekend gemaak het.

Bron: coca-colacompany.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.