Kringtelevisiekameras by ’n petrolstasie het die skokkende oomblik vasgevang toe ’n onbeheersde taxi op die dak van ’n geparkeerde motor beland het.

Volgens ECR Newswatch het die voorval gebeur toe ’n taxibestuurder in Phoenix, noord van Durban, beheer oor die minibus verloor en oor twee bane gery het voor dit by ’n petrolstasie tot stilstand gekom het teen ’n Toyota Tazz.

Die bestuurder spring dan deur die venster uit die motor en lyk ongedeerd. Dit lyk of daar geen passassiers in die taxi was nie.

BusinessTech het berig dat die taxi se remme gefaal het. Dis onduidelik presies wanneer dit gebeur het, maar die video is gister op YouTube gelaai.

Lees ook:

Seuntjie byna deur roltrap vergruis

Jou bloed kan ’n lewe, dalk drie lewens, red