As jou troeteldier self die deur kan oopmaak om hom- of haarself in te laat is enersyds ’n irritasie, maar andersyds ook ’n bedekte seën.

Want as Wagter dit self kan doen beteken dit jy hoef nie soms in die bittere koue op te staan om hom terug in die huis te laat nie.

In hierdie oulike video is dit egter nie ’n hond of kat wat doodluiters op eie stoom die huis binnekom nie, eerder ’n troetelskilpad genaamd Joy.

Die ou skillie is duidelik nie so flink soos ander viervoetige vriende nie en dit verg bietjie meer inspanning van haar kant af om die deur oop te kry.

Die beste deel van Joy se oopmaak-vernug is dat sy beslis nie ongesiens verby jou sal glip nie.

Bron: YouTube