In dié hartroerende video onderbreek ’n meisietjie van Colorado Springs ’n militêre diens om haar pa, ’n soldaat, terug te verwelkom nadat hy nege maande lank in die Midde-Ooste ontplooi was.

Die meisie draf na haar pa en omhels hom voor almal.

Haar pa, wat op aandag gestaan het, staan dan uit gelid en omhels haar hartlik terug.

Kyk die roerende video hier onder:

Bronne: metro.co.uk, youtube.com