David Koenig vra sy seun, Jack, oor en oor in hierdie video, wat virusafmetings aangeneem het, of hy dalk so pas 'n kolwyntjie verorber het.

Maar die bekkige driejarige seuntjie hou vol dat hy dit nie gedoen het nie, ten spyte van die blou versiersuiker oor sy hele gesig.

"Nee, nee!” verklaar hy beteuterd en voeg by, "Ek was by die huis."

Volgens David se YouTube-kanaal, “Het hulle gratis blou kolwyntjies uitgedeel ter ere van die New York Giants”

“Nog steeds nie seker of my seuntjie een in die hande gekry het nie.”

Die skreeusnaakse video is in drie dae meer as 500,000 keer gekyk.

Bronne: dailymail.co.uk, elitedaily.com