Vra maar vir Conor Macauley, ’n verslaggewer van die BBC daaroor. Hy het ’n onaangename verrassing op regstreekse televisie beleef toe ’n skaap besluit het om rondom sy voete te piepie.

Conor het bloot aanhou praat, maar mens kan hoor hoe die kameraman homself breek vir wat besig was om te gebeur.

Hy’t toe maar ewe verleë opgestaan en die skaap ‘n ligte raps op die boud gegee.

Kom nou van ’n wilde skaap ’n televisiester probeer maak!

Bron: YouTube