Skape het gewoonlik maar ’n harde lewe. Wanneer dit nie bitter warm met hul wolkombers aan is nie, bibber hul kaalgeskeer op moedverloor se vlakte.

Maar gelukkig het Pet se lewe tot dusver heel anders verloop. Pet, ’n hanslammer van die noorde van Skotland, het van kleins af saam ’n groep skaaphonde die werf gedeel. Soveel so dat sy nou vas oortuig is sy is ook een van hulle – soort van ’n hond in skaapsklere…

Dice, die oudste skaaphond in die groep, het Pet onder haar vlerk geneem. Nou dat Pet byna ’n jaar oud is, is sy beslis veel meer hond as skaap, kompleet met ’n stertjie wat waai. Om nie van haar plesierige en vermaaklike bokspringe te praat nie.

Watwou hondelewe? Dis die lewe!

Bronne: Daily Mail; One Green Planet