Mapstieks!

Stel jou voor jy sit rustig in jou trok, stadigaan kruip jy vorentoe reg om spoed op te tel . . . en skielik sluk die aarde jou heel in. Dit is presies wat met die arme trokdrywer in hierdie video, wat onlangs aanlyn gedeel is, gebeur.

Asof uit die niet uit verskyn ’n reuse-gat in die pad onder die trok en sluk dit nie net in nie, maar keer skoon die trok op sy kop om.

Dit is nie duidelik waar hierdie voorval plaasgevind het nie; ook nie of die trokdrywer ongedeerd uit die sinkgat geklim het nie.

Die video is op LiveLeak gelaai en reeds 'n hele paar duisend keer gekyk.

 

Lees ook:

Tranedal toe seun en hond herenig

Vrou neem eie lewe oor vrese dat haar kêrel gedwing gaan word om te trou