’n Man en vrou van Seoel in Suid-Korea is onlangs deur ’n sinkgat verswelg nadat hulle doodluiters van ’n bus afgeklim het.

Die sinkgat het ontstaan weens uitgrawings vir ’n nabye bouperseel. Omdat die gat nie besonder diep was nie, kon noodwerkers hulle maklik na veiligheid bring en is die man en vrou nie ernstig beseer nie. Die voorval is verfilm en ’n video daarvan is op die webtuiste YouTube te sien.

Kyk hier na die video:

BRONNE: YOUTUBE, DAILY MAIL