Beeldmateriaal van ’n winkelsentrum se veiligheidskameras wys hoe die outjie sy boetie wat besig is om met die roltrap na onder te gaan, volg.

Maar sake het lelik skeefgeloop. Toe die seuntjie die handreëling vasvat, word hy skielik opgetrek. Hy kry dit reg om vir enkele oomblikke sy greep te behou – maar toe val hy twee verdiepings ver.

Mense haas hul na die seuntjie en mediese personeel het hom kort daarna hospitaal toe geneem. Hy het wonderbaarlik die val van meer as 9m oorleef en sterk tans in die hospitaal aan.

Kyk hier na die video:

Bronne: Daily Mail, LiveLeak, Daily Mirror