Suid-Wallis –

Stuart het op die toneel beswyk, terwyl Fraser by die hospitaal aan ’n lewensondersteuningstelsel gekoppel was.

Sy gebroke ma, Anna Bates, moes die hartseer besluit neem om hom van die stelsel te laat ontkoppel.

“My ongelooflike seuntjie het my verstom gelaat; hy het ’n superster geword deur al sy organe te skenk,” het sy glo aan die Sun gesê.

Fraser se hart, longe, niere, lewer, pankreas en ingewande is aan pasiënte geskenk wat in ’n kritieke toestand was.

Sy oë, vel en beenmurg kan ook in die toekoms gebruik word om meer lewens ingrypend te verander.

Is jy ’n orgaanskenker? Volg Fraser se voorbeeld en sluit vandag nog aan by die Suid-Afrikaanse Orgaanskenkerstigting. KLIK HIER vir nog inligting.