’n Agtjarige Amerikaanse seuntjie het op ’n plesierrit saam met sy jonger pleegboetie en -sussie gegaan.

In ’n Dashcam-video wat die Minnesota-staatspolisie uitgereik het, kan die seuntjie teen die einde van die rit in ’n woonbuurt gesien word.

Die seuntjie se vyfjarige pleegsussie en haar driejarige boetie was ook in die voertuig. Op die beeldmateriaal word die motor by ’n oprit ingery en in trurat gesit, waarna dit die patrolliemotor tref voor dit geparkeer word.

Die seuntjie, geklee in sy slaapklere, klim uit die motor en vat sy rugsak en ’n sak.

Sy suster, in ’n pienk top, klim ook uit, gevolg deur die jongste in ’n gestreepte speelpakkie; albei lyk deur die slaap. Die drie kinders vertrek dan saam met ’n beampte.

Hulle is aan hul pleegfamilie terugbesorg. Die rit op ’n hoofweg het in April gebeur, maar die beeldmateriaal is nou eers uitgereik.

Dit het tot ’n einde gekom toe patrolliebeamptes ingelig is oor iemand wat deurmekaar bestuur en die motor tot in die oprit gevolg het, luidens Amerikaanse mediaberigte.

Bronne: SkyNews; YouTube