Die kind het, skynbaar sonder enige ouerlike toesig, langs die roltrap by 'n plaaslike winkelsentrum gespeel. Hy het sy handjie op die roterende rubberband van die roltrap gedruk, waarna dit hom vasgeknyp saamgesleep het.

Gelukkig het sy ma omgekyk en besef besef haar seun verkeer in dodelike gevaar. Sy het hom dadelik te hulp gesnel. 'n Flinkvoetige bystander het die noodknoppie gedruk en die roltrap het onmiddellik gestop.

Omstanders het toe die seun uit die kloue van die roltrap bevry. Hy het grootliks ongedeerd daarvan afgekom, behalwe dalk dalk vir 'n groot skrik.

Dié voorval volg op 'n rits ander rolptrap-verwante voorvalle in China die afgelope jaar. In Julie laasjaar is 'n vrou deur 'n roltrap ingesuig en gedood en net 'n maand later het 'n skoonmaker 'n been verloor toe hy deur 'n roltrap ingesuig is.

Bronne: Mirror.co.uk; China Xinhau News